Afrikaanse Musiek is Witwarm!

Afrikaanse musiek is witwarm en vra om gehoor te word!

Afrikaanse musiek vorm nie verniet een van die mees gewilde en bes-verkopende markte in die algehele Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2009 was Juanita du Plessis en Theuns Jordaan se Bring jou Hart die land se bes-verkopende musiek-DVD. In dieselfde jaar was Elizma Theron en Nicholis Louw se Kom Ons Vat ‘n Kans die volledige aflaaibare liedjie waarvan landswyd die meeste verkoop het. So kan nog baie voorbeelde genoem word van Afrikaanse musiek se trefkrag. Verder kan van ons kunstenaars en groepe gunstig meeding met internasionale musieksterre.

By AfrikaanseMusiek.net wil ons die beste van Afrikaanse musiek na jou toe bring vir algehele luistergenot!

Lianie May

Lianie MayLianie May is bekend vir haar goue stem en borrelende verhoog-persoonlikheid. Haar eerste enkelspeler “Jy Soen My Nie Meer Nie” het die hoogtes ingeskiet op trefferlyste landswyd en is opgevolg deur ander blitstreffers soos “Pretoria” en “Toe Stop My Hart” (opgeneem saam met Jay van die pop groep Eden).

Lees die res van hierdie inskrywing »

7de Hemel

Titel: 7de Hemel

Lees die res van hierdie inskrywing »

Chris Chameleon

Chris ChameleonVoorheen bekend as die sanger en baskitaarspeler vir die rock groep Boo!, het Chris Chameleon nie gesukkel om vir homself ‘n groot groep toegewyde aanhangers te verseker aan die begin van sy solo-loopbaan nie. Chameleon is veral bekend vir sy toonsettings van verskeie Ingrid Jonker gedigte en sy “Klassieke Chameleon” vertonings, wat op CD en DVD vrygestel is. Hy is ook genomineer vir twee SAMA’s vir sy albums Ek Herhaal Jou en Shine.

Lees die res van hierdie inskrywing »

Nicholis Louw

Nicolis Louw se albums:

Hier Naby Jou

Lees die res van hierdie inskrywing »